Spring na inhoud

Bedienings

Waar jy kan inskakel

'n Gemeente is nie 'n gebou nie — dit is die mense en die werk wat hulle saam doen. Hier is 'n paar plekke waar jy welkom is.

  • Kategese

    Sondagskool vir kinders van graad R tot matriek, elke Sondagoggend tydens die diens.

  • Jeug

    'n Tuiste vir hoërskoolleerders — byeenkomste, kampe en gesprek oor die dinge wat saak maak.

  • Vroue- en mansbediening

    Groepe wat mekaar dra, saam dien en die gemeente se omgee-werk vorm.

  • Barmhartigheid

    Ons uitreik na die gemeenskap: kospakkies, besoeke en hulp waar die nood die grootste is.

  • Seniors

    Byeenkomste, tuisbesoeke en vervoer vir ons ouer lidmate — niemand hoef alleen te wees nie.

  • Musiek en sang

    Die koor en begeleiers wat elke erediens se sang dra.

Wil jy help, of hulp kry?

Albei is welkom, en albei begin met dieselfde gesprek. Laat weet ons en iemand kom terug na jou toe.

Kontak ons