Oor ons
Die gemeente waaruit die ander gekom het
Gestig in 1949, dieselfde jaar as die dorp. Direk of indirek is ons die moedergemeente van al die NG gemeentes wat sedert die vroeë 1950's in Vanderbijlpark ontstaan het.
- 1949
Die gemeente word gestig
Die gemeente ontstaan uit die De Deur-gemeente, in dieselfde jaar as die dorp self. Met stigting bestaan dit uit 40 wyke, met agt Sondagskole, 52 onderwysers en 533 kinders.
- 1950's
'n Dorp wat vinnig groei
Binne agt jaar groei die bevolking tot sowat 12 000 — meer as wat een gemeente kon bedien. Uit hierdie groei kom die dogtergemeentes wat vandag oor Vanderbijlpark versprei is.
- 1960
Die hoeksteen word gelê
Ds. P.J. Pretorius lê die hoeksteen van die kerkgebou op 15 Oktober 1960, op die hoek van Faraday en Pasteur Boulevard, waar ons vandag nog saamkom.
- 2014
Ds. Louis Ries word bevestig
Ná 'n tydperk waarin die gemeente vakant was, word ds. Louis Koenradt Ries op 21 Junie 2014 as leraar bevestig.
Waar ons inpas
- Sinode
- Goudland
- Ring
- Vanderbijlpark
- Gestig
- 1949